F   R   E   E               W   I   L   D              W   O   R   L   D 
 New Media Creation - Video Production - Photography - GONZO Style Blog - Art - Music - Writing
0151

visitors

Sagte Reën Val in Die Somer

Sagte reën in die somer
plof neer en pleeg selfmoord teen die aarde

Volgens sekere ou mense met rimpelhande geweek in tyd en dowwe oë wat staar na ‘n bleek en duister wêreld; lank reeds oorlede en byna vergete, weggevoer na anderkant nêrens;
is reëndruppels die ontoeriekende siele van pas afgestorwenes wat terugval aarde toe
die vloeiende siele word opgesuig deur die wortels van plante en bome, en voed so nuwe lote
die aarde reïnkaneer ditself met swaartekrag , wind en soms donderweer (in die Transvaal)
vandag val hier sagte reën in die somer
ek kan hoor hoe die rippels fluister, sommige skree en ander neurie langs die geut af, verby my deur oor die beton vloer wat krakerig glim en refleksies aantrek soos ‘n baadjie vol sequence wat die naakte lyf van ‘n meermin bedek

gistraand toe ek haar omhels het die skoon reuk van haar vel bly talm op my verhemelte
ek was skielik bang vir die dood en terselfdertyd ontnugter met jagsgeit
daar is geen mooi manier om dit te stel nie: ek wou haar hê en binnedring soos ‘n storm wat droogte uitsoek en dit stukkend breek
ek was toe ‘n dier, sidderend – polsend – met hande wat roekeloos naby aan haar oewer tas, soekkend na die water wat weggeraak het uit ‘n woestyn-wêreld waar rëen nooit weer sal val nie
my honger penis het gesoek na verlossing in ‘n plek waar Jesus nie op die water geloop het nie, (fok nee; hy het daar vertoef en later skreeuend weggehardloop, maar hy het nooit geloop nie)

As die aarde hard en bar is vloei die rëen weg sonder om in te sink
nadese vind dit ‘n rivier wat vloei na die kus en eindelik bloei ‘n varswater kolom die oseaan binne (wat deur sommige godinne as ‘n lewende woestyne beskou word)

ek hoop om te sterf in die winter wanneer die rëen veel, veel harder val en damme volmaak vol maak en waar klein vissies oorleef sonder soutwater monsters wat honger wag vir die gevalle sielle van mense

die toekoms is ‘n poeier-blou soel-poel waar kinders swem na reën in die somer